Sonskynklub

Is u 60 jaar en ouer? Afgetree, of… ahem… permanent op vakansie?

Ons sonskynklub kom eenkeer per maand bymekaar en bied verskeie heerlike aktiwiteite aan om aan deel te neem. Anita Vermeulen is die organiseerder (082 065 5140). Kontak haar gerus vir meer inligting.

Die volgende byeenkoms is beplan vir 13 September 2018. Meer inligting volg hier sowel as in die afkondigings.

Noudat u u eie bladsy het, nooi ons u uit om hierdie blad u eie te maak. Ons gaan in die weke wat volg heelwat meer fotos byvoeg, maar ons nooi u ook uit om u eie kenteken/logo/foto te prakseer (en ons sonneblom wat soveel liefde, sonskyn en water gekos het) af te haal…

Geniet solank die fotos van die Senior ete 2016! Ons sien uit na hierdie jaar se Senior ete DV 10 November 2018.