Aangename Kennis — Nou hoe nou???

Wie is die man wat baie Sondae van die jongmense saam met hom voor by die kerkraadbank laat sit? Of die dame daar aan die linkervleuel wat altyd die mense so opgewek groet en laat welkom voel? Wie is die nuwe orrelis wat so pragtig speel, of daardie drie manne en drie vroue met die engelstemme wat die voorsang so mooi lei? 

Daar is ‘n oom wat altyd so half in die middelblok, agter rond inskuif, en die tannie wat so ry of drie voor die klank-tafel sit. Het julle die kerel gehoor met die mooi donkerkop vrou, die twee dogtertjies en die babaseun? Hy sing ook ‘n barshou! Of die paartjie wat gewoonlik heel voor regs sit?

Hmmm… Ons weet almal van wie ons praat – want ons het ‘n klomp wonderlike, toegewyde Nooitgedachters. Maar hoeveel van ons KEN hulle regtig? Wie is Oom Neels of Tannie Nellie? Hoe proe Tannie Lorinda se sjokoladekoek? Wat maak Attie as hy op ‘n Saterdagmiddag sy skoene uitskop?

Ons het nou die dominee ontmoet. Nou word dit die gemeente se beurt!

Hou hierdie bladsy dop – Ons gaan binnekort begin gemeentelede hier voorstel. Wie weet? Dalk antwoord ons u vrae oor daardie netjiese seun in graad 9 wat so pragtig netjies lyk – of oor die blonde meisie wat so lekker saamsing! Of… dalk stel ons u volgende voor!

Die formaat sal altyd dieselfde stel vrae (en ‘n fototjie) bevat: 

Naam?

Bekend as?

Skool/Werk/Afgetree?

Familie? 

Bekend vir?

Vertel ons meer van jouself?

Volgende persoon met wie ons hierdie onderhoud moet voer?

 

Loer saam vir die volgende paar dae om te sien wie ons eerste opsit!