Welkom by NG Kerk Nooitgedacht Gemeente!

Welkom, Welkom!

Welkom by NG Kerk PE Nooitgedacht gemeente!

Soos die res van die wereld is Suid Afrika ook tans in die greep van Corona. In die midde van hierdie tyd van chaos en paniek, glo ons dat ons, as Christene, ‘n verantwoordelikheid het om ons naasteliefde nou uit te dra en so die las vir ander ligter te maak.

Soos u seker weet is ons bly om ons normale dienste ten minste gedeeltelik normaal te hervat. Vanaf Sondag 27 Sept 2020 mag ‘n beperkte aantal lidmate die erediens bywoon. Vir diegene wat graag die erediens regstreeks wil ervaar, maar steeds nie in persoon wil bywoon nie, bied ons graag ons dienste regstreeks aan op Youtube. Indien u egter laat is, sal die diens steeds na die tyd beskikbaar wees. Hieronder sal u ons aanlyn-erediens vind, en daaronder ons YouVersion aanbieding. Deel asseblief dit met almal om u, ons Heer se lig moet wyd en helder skyn!

Ons wens u ‘n pragtige week vorentoe toe, vol van God se rykste seen, veilig, gesond, en bo alles, gered!

Sondag se Aanlyn erediens: (Kliek hier om lae-data klanksending te luister)